Bagasie van die hart

Bagasie van die hart

Ernalize du Toit

$4.59

  • Description
  • Author
  • Info
  • Reviews

Description

Toe Teda die aantreklike Engelsman Will Thaning met sy sexy aksent ontmoet, laat hy haar hart dadelik vinniger klop. Ongelukkig is dinge heelwat meer gekompliseerd as wat dit lyk en kom albei van hulle met bagasie. Net soos Teda, het Will ’n hartseer verlede wat altyd onlosmaaklik deel van hulle gaan wees. Daar is ook ’n tienerseun wie se gevoelens en leefwêreld hulle in ag moet neem. Saam met Will ontdek Teda nuwe plekke en droom sy oor nuwe moontlikhede. Maar het Will ná al hierdie jare enigsins ’n vrou in sy lewe nodig? Is hulle dalk op twee heeltemal verskillende plekke in hulle lewens met doelwitte wat nié versoenbaar is nie?


Author

Ernalize du Toit:
Ernalize du Toit het in Carnarvon in die Noord-Kaap grootgeword en gematrikuleer. Sy het ’n honneursgraad in joernalistiek, sowel as ’n honneursgraad in Afrikaans en Nederlands. Sy het vir drie jaar by ’n uitgewer gewerk as teksredakteur en bemarkingsredakteur. Ernalize is getroud met Chris en bly tans in Kathu waar sy kommunikasiebeampte, vryskutjoernalis en -teksversorger is. Sy lees graag vir werk én ontspanning en het grootgeword in ’n huis waar almal lief is vir boeke, woorde en Afrikaans. In haar vrye tyd is sy aan die stuur van ’n amateurtoneelgroep.

Info

Reviews