Dominique

Dominique

Erla-Mari Diedericks

$12.64

  • Description
  • Author
  • Info
  • Reviews

Description

Dalk is hy hier. Besig om jou dop te hou. Dominique is ’n kunstenares en ’n hoogsbetaalde gesellin wat spesialiseer in seksfetisjes. Martin is ’n sielkundige wat bekruipers navors. Hul paaie kruis wanneer Dominique by Martin om hulp aanklop omdat sy agtervolg word. Hulle mag so uiteenlopend wees soos nag en dag, maar albei word geteister deur donker geheime. Martin het syfers nodig om sy angstigheid te beheer, Dominique die vertroosting van haar sekswerk-persona, Courtesan. Soos Dominique en Martin deur haar lys van klante werk om Die Bekruiper te ontbloot, word die bedreiging al hoe erger. En die tyd al hoe minder.


Author

Erla-Mari Diedericks:
Erla-Mari Diedericks is ’n joernalis, rubriekskrywer en outeur. Sy is al meer as 30 jaar ’n joernalis en het haar droom verwesenlik om vir byna elke publikasie in SA te skryf, waaronder Fairlady, Femina, You, Huisgenoot, Sarie, rooi rose, Idees, Tuis, Keur – en selfs Playboy. Sy het ook al geskryf vir Beeld, Die Burger, Rapport en Sunday Times. Sy het drie romans op haar kerfstok – Sin, Sushi & Survival, Still Standing, Seks, leuens en die internet, Agter grendels, V-Verhale en Die kontrak. Tans skryf sy rubrieke vir Netwerk24 wat dikwels die manlike geslag ontstig.

Info

Reviews